Wat is die Afrikaans vir "water baby" en "fix"?

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Weet iemand wat die Afrikaans sal wees vir 'n "water baby", met ander woorde iemand wat baie lief is vir water? "Waternimf" kan werk, maar net as die betrokke persoon 'n vrou is...

En dan het ek ook gewonder oor die Afrikaans vir "fix" - die tipe wat dwelmverslaafdes nodig het - soos in die sin "Ek kyk elke aand 7de Laan vir my daaglikse sepie-fix". Dis natuurlik nie in Bosman, Van der Merwe en Hiemstra nie. :)

-- Mariette Olwagen (molwagen@yahoo.co.uk), January 07, 2004

Answers

Ek sal moet sê dat die "fix" 'n afgekorte woord is vir "quick injection". Ek sal dan moet stel dat die afrikaans "inspuiting" moet wees.

Dan sal jou stelling "Ek kyk elke aand 7de Laan wir my daaglikse sepie-inspuiting" lees.

-- Louis (dsoftcs@email.com), April 07, 2004.


Moderation questions? read the FAQ