Persona Q's

greenspun.com : LUSENET : upFront : One Thread

Roche 12/09/1999

Palm III Kommentaar: 1. By die keuse van 'n blok op die Palm, kan dit so verander word dat slegs die aktiwiteite spesifiek tot daardie blok vertoon word. Dit sal help om foute te voorkom waar 'n aktiwiteit gekies word en daar nie so een is by 'n blok in die opstelling nie.

2. Na aanleiding van bg. word die verlof altyd vertoon onder aktiwiteite, maar moet ek 'n blok "verlof" ook skep? - Of gaan dit by default na oorhoofse kostes toe?

3. Analises: Kan die print funksie gemaak word soos by die druk van verslae waar die bladsye en font aangepas kan word? Kan die analises ook ge"save" word en bv. in Excel gebruik word?

4. Betaalstrokies: a)Ons wil somtyds net 1 betaalstrokie druk. Kan dit so werk dat ek i.p.v. om 'n span te kies ook net 1 werker kan kies en sy betaalstrokie druk?

b)Werker 282 se gedrukte betaalstrokie tel nie op nie - as ek sy totale aftrekkings aftrek van sy totale inkomste klop die som nie. In die lone en salarisse afdeling vertoon dit egter reg en die som klop?

5. Lone en Salarisse Ek het byvoorbeeld die hele Lone laat deurloop en kom toe agter ek het 1 of 2 werkers nie aan 'n arbeidsessie toegedeel nie. Moet ek 1)'n aparte sessie skep en weer die lone laat deurloop, 2) kan ek net 'n arbeidsessie vir hulle skep en 'n nuwe betaalperiode skep - of hoe kan ek seker maak hulle word ingesluit as ek analises of verslae wil trek dat hulle ingesluit sal wees?

Groete Riaan

-- Riaan Strauss (blouputsbdy@mweb.co.za), September 12, 1999

Answers

Palm III: My eerste stap daar was om die aflaai van aktiwiteite na die Palmpilot vinniger te maak deur slegs die unieke aktiwiteite na die Palmpilot af te laai. Ek is tans besig om te soek na 'n manier om per blok rekord te hou van alle aktiwiteite wat in daardie blok/werksarea gebruik word. Dit geniet prioriteit en sal binne die volgende 3 weke voltooi word.

Oor Verlof: Verlof en siekverlof aktiwiteite se koste word nie outomaties na 'n oorhoofse blok geallokeer nie. Ek stel voor jy laai jou oorhoofse blok ook af na die palmpilot toe en allokeer dan verlof en siekverlof daarnatoe. My gevoel is dat dit wel nuttig is om die koste en verlof en siekverlof na 'n spesifieke werksarea te allokeer - jy het dan nog steeds die vryheid om die koste na 'n oorhoofse blok te allokeer.

Print van analises: Ek stem saam dis 'n swak oversight - die voorskou is oppad. Ek beplan ook om alle verslae stoorbaar te maak in html, txt of csv formaat. Jy kan die csv (comma separated value) formaat gebruik as jy na die verslag in excel of enige ander spreadsheet program wil kyk.

"wil soms net een betaalstrokie druk" defnitief oppad. jy kan wel tans 1 bladsy uit die hele batch print deur op "printer setup" in die "preview" te kliek en bladsy seleksie te maak bv. page 5 to 5. Ek weet dis 'n bietjie lomp want nou moet jy eers deur al die blaaie blaai totdat jy by die regte een kom.

oor werker 282: maak seker jy het nie per ongeluk gebruiker transaksies onaktief gemaak by die BETAALSTROKIE UITLEG voordat jy die betaalstrokies probeer druk het nie. jy kon byvoorbeeld gehaltebonus onder die uitleg onaktief gemaak het alhoewel hy 'n waarde het.

op jou laaste punt: jy kan net regskliek op die betaalperiode en op herbereken arbeid kliek indien daar reeds 'n betaalstrokie vir die werknemer geskep is. indien daar nog nie 'n betaalstrokie vir die werknemer geskep is nie beteken dit jy moet die hele betaalperiode skrap en herbereken. ek hoop om die behoefte aan te spreek binne die volgende twee weke.

groete rochi

-- Rochi Compaan (roche@up-front.co.za), September 13, 1999.


Moderation questions? read the FAQ