Die argumente teen en vir Afrikaans.greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread |
Indien 'n mens na die huidige posisie van Afrikaans wil kyk moet jy dit uit verskillende moet jy dit uit verskillende oogpunte benader.
Die argumente teen en vir Afrikaans.
- 1. Die eerste aanklag teen Afrikaans is dat dit die taal van apartheid was. Hierdie stelling is polities aanvaarbaar vir 'n groot deel van die bevolking maar as 'n mens kyk na wie die persone is wat nog hierdie stelling gebruik vind jy in die geledere van baie junior politici wat graag politieke punte wil maak. Belangrike persone in die land besef maar altyd baie goed dat al 11 tale betrek was by apartheid. Apartheid sal dus net hier gelos word en ons sal dit oorlaat aan honderde toekomstige historiese studente wat die gemors sal moet uitsorteer. Daar sal oor 150 jaar nog akademiese verhandelings oor die onderwerp onderwerp geskryf word.
- 2. Die tweede aanklag teen afrikaans is dat dit 'n baie klein minderheidstaal is en dat Engels 'n wjreldtaal is en dus baie meer aanvaarbaar is op handels en akademiese vlak. Die stelling is ongetwyfeld waar en om Afrikaans te sien as een en enigste taal in ons land is baie kortsigtig. 3. Baie Afrikaanssprekedes sien ernstige bedreigings vir Arikaans en voorsien die die tyd dat Afrikaans gemarginaliseer sal word tot so 'n mate dat Afrikaans sal uitsterf. Baie mense sien in President Mbeki se stelling dat Afrikaanssprekendes hulle self nie moet laat marginaliseer nie 'n bedkte bedreiging. Dit word deur baie mense geonterpreteer dat indien die Afrikaanssprekende nie die regering help om hulle ideologiek te bevorder nie hulle, hulle self sal marginaliseer. Hierdie laaste persepsie is totaal verkeerd want Jan Alleman sal in elk geval doen wat hy wil doen solank dit binne die wet is en boonop die taal van sy keuse praat.
- 4. Kom ons kyk na die dillema waarin President Mbeki verkeer. Hy sit met 11 offisikle tale. Uit hierdie taalgroepe het hy ondersteuners in elke taal. Indien hy enige van hierdie tale sal bevoordeel bo 'n ander, met uitsluiting van Engels, gaan hy 'n klomp van sy ondersteuners ongelukkig maak. Om ondersteuners omgelukkig te maak is nie 'n goeie beleid vir 'n politikus nie. Boonop het die Afrikaanssprekende die afgelope verkiesing bewys dat hulle polities die vloeibaarste in ons politiek is. Hoekom hulle kwaadmaak? Aan die anderkant kan hy hulle nie bevoordeel nie want dan sal andertaliges aanstoot neem en dan verloor hy hulle steun.
- 5. Engels is sy enigste uitweg want hy kan dit motiveer op grond van 'n wjreld- en akademiesetaal beginsel. Miskien is dit ook die taal wat hy die beste kan praat? Boonop is die gebruik van Engels 'n bewys van geletterheid by party Suid Afrikaners.
- 6. 'n Deel van die regering se beleid is ook 'n "African Renaissance" wat absoluut nodig is om 'n stabiele Afrika te skep. 'n Lingua Franca is nodig want baie van Afrika se probleme is juis die feit dat mense mekaar nie verstaan nie. Niemand kan betwis dat Engels die aangewese taal vir hierdie doel is nie.
- 7. Uit bogenoemde moenie afgelei word dat Afrikaans se dae getel is nie. Die vorige geslagte het seker gemaak dat Afrikaans as 'n akademiese taal gevestig is en dus, sovjr my kennis strek is meer as wat 9 van die 11 tale se sprekers kan sj.
- 8. Afrikaanssprekendes het ook die voordeel dat hulle histories die ondervinding het van hoe om 'n wenner te wees deur die mededingers se rekls van die spel te speel. Hierdie eienskap het nie net gegeld vir die taal nie maar ook vir die aktiwiteite in die gemeenskap soos die professies en sakewjreld.
- 9. Die stelling word ook gemaak dat Afrikaanssprekendes te gedifferensikerd is om onder een kombers toe te maak. Die teendeel is eerder waar dat die Afrikaanssprekendes die enigste "normale" groep in die land is. Hulle is oral verteenwoordig, elke politieke party het Afrikaanssprekendes, so ook elke groot sake onderneming, selfs in die staatsdiens is hulle verteenwoordig. Selfs by velkleur is die moedertaal Afrikaanssprekende oral verteenwoordig. Die Afrikaanssprekende was ook nog altyd gedifferensikerd. Dink maar aan die stryd tussen Voortrekker leiers, die stryd van die Transvalers en Vrystaters, die stryd in Transvaal tussen die Kruger en Schoeman faksies, die Nat-Sap stryd. Geskiedkundiges sal seker baie meer voorbeelde kan aanhaal.
- 10. Te midde van al die onderlinge rusies was die Afrikaanssprekende as 'n groep getrou aan hulle taal. Welliswaar is daar Afrikaanssprekendes wat verengels het maar die teendeel was ook waar. Dink maar aan die vanne soos McDonald, Fraser, Fischer Murray en nog vele meer. Gedurende Wjreld oorlog II was daar 'n baie groter aanslag teen Afrikaans nogtans het Afrikaans nie gaan lj nie.
- 11. Die vraag wat baie deur eentalige Engelssprekendes gevra word is waarom ons so heftig aan Afrikaans kleef terwyl 'n taal tog net 'n kommunikasiemiddel is? Soos jy self weet is die kultuur van 'n land ingebou in sy taal en as 'n groep mense hulle kultuur verloor is hulle verlore. Verder bied Afrikaans natuurlik ook 'n baie belangrike brug in die studie van Germaanse tale. Menige Engelssprekende tweetalige persoon met wie ek al oor hierdie onderwerp gepraat het het my daarop gewys dat 'n eentalige net een kultuur ken en daarom nie begrip of respek vir ander kulture het nie.
- 12. Huidiglik is die rekenaar die grootste bedreiging vir Afrikaans. Alle jong intelligente mense tussen die ouderdom van 5 en 80 wil graag meer weet van die rekenaar en hoe om dit te gebruik. Hierdie kennis is hoofsaaklik slegs in Engels beskikbaar en die noodsaaklikheid van Engels word daardeur oorbeklemtoon. Verder, soos jy self weet, moet mens op die Internet gaan soek vir die inligting en dit is nie altyd maklik nie omdat elke rekenaar outeur hoop om 'n paar dollar te maak en teen betaling kan jy dan meer inligting kry. Die ander alternatief is dat jy boeke kan gaan koop teen ongeveer R700-00 stuk. Hierdie boeke is meesal deur Amerikaners geskryf wat die kuns van "padding" ken sodat 'n boek van 100 bladsye se kennis in 800 bladsye geskryf word. Indien hierdie kennis in Afrikaans aangebied word op so wyse dat dit gratis op die Internet beskikbaar is en toepaslik is vir beginners sowel as vir mense wat meer gevorderd is, sal daar gevind word dat meer en meer Afrikaans op die Internet gesien sal word.
Bogenoemde is niks nuut nie en menige brief in Afrikaanse koerante vra dat iets gedoen moet word sonder om aan te dui hoe dit gedoen moet word. Die Stigting vir Afrikaans bied die ideale infrastruktuur om iets meer te kan doen vir Afrikaans. Ten eerste beskik die Stigting oor 'n "voordeur" waar akademies goeie Afrikaans gepraat kan word en ten tweede 'n "agterdeur" waar mens deur die besprekingsforum normale Afrikaans kan praat. (Jean moennie aanstoot neem oor die woord "agterdeur" nie want wat my betref het dit potensiaal om met alle Afrikaanssprekendes te kommunikeer).
Daar is natuurlik kostes verbonde aan die uitbouing van jou besprekingsforum en die vraag kan sekerlik gevra word waar die geld vandaan sal kom? Die geld moet hoofsaaklik van daardie instansies kom wat in die verlede deur die toedoen van Afrikaanssprekendes uitgebou is tot magtige organisasies. Hier kan name genoem word soos SANLAM, ABSA, Saambou, Naspers Federale Volksbeleggings en nog vele meer.
Van die Afrikaanssprekende gemeenskappe moet daar egter ook insette kom in die vorm van tegniese bydraes anders word die diens betekenisloos. Ek het egter volle vertroue in my taalgenote dat bydraes nie agterwek sal bly wanneer die diens eers bekend is nie.
Om terug te kom na die elf offisikle tale is dit net realisties om te verwag dat party van hierdie tale die pad van die Khoi-San sal volg want geen land kan vir 'n onbepaalde tyd elf tale onderhou nie. Die volgende storie kan illustreer wat ek probeer sj.
Jare gelede was daar twee broers in Brittanje. Die oudste het die familie bates bestuur en die jonger een het 'n komissie in die weermag gekoop. Albei die broers is getroud en elk het 'n seun gehad. Die naam van die oudste broer se seun was Bret en die ander seun se naam was Inder.
Net na die geboorte van die seuns is Inder se pa na Indik verplaas en daar het hy groot geword. Na die negentiende verjaardag van die twee seuns het Bret vir Inder gaan kuier en na alles in Indik gekyk. Op 'n dag wou Bret gaan kyk hoe lyk die Indiese woud. Ten spyte van Inder se waarskuwings dat die woud 'n gevaarlike plek is, is die twee tog die woud in.
Na so 10 kilometer die woud in kom hulle op so 'n oop kol af en aan die anderkant van die oop kol staan daar 'n Bengaalse tier wat met sy poot so oor die grond krap. Bret begin op en af in lug spring van pure senuweeagtigheid. Inder aan die anderkant gaan rustig op 'n klip sit en trek sy skoene uit. Bret skreeu vra toe "wat maak jy nou !? Inder antwoord ewe kalm "ek gaan hardloop". Bret sj toe "maar Inder jy kan mos nooit vinniger as die tier hardloop nie". Inder sj toe "Bret jy verstaan nou nog nie die situasie nie. Ek hoef nie vinniger as die tier te hardloop nie, ek moet net vinniger as jy kan hardloop".
Kom ons kyk of ons nie Afrikaans vinniger as die volgende kan laat hardloop nie.
Groete
Bazett
-- Bazett Meyer (baz@mbury.new.co.za), August 16, 1999
Liewe Bazett, Alles baie interessant wat jy skryf. Ek sal graag wil weet of daar ander mense is wat dieselfde mening het as ek; naamlik dat daar baie min mense is wat sulke LAAAAAAANG bydrae op die Net sal lees! Tensy mens die moeite doen om dit uit te druk, soos ek, en dan lees.Groete Linda Felkel
-- Linda Felkel (profilesbiz@t-online.de), May 12, 2000.
Hallo Linda,Baie dankie dat jy gereageer het op my "Argumente vir en teen Afrikaans". Jy sal my nie glo nie maar na nege maande is jy die eerste wat daarop antwoord. Die hele relaas was geskryf om bespreking en kritiek te ontlok maar dit lyk my of die Afrikaners in die sindroom van "tusen staan en sit is lj nog die lekkerste" is.
Ek het gehoop om kritiek op die inhoud van die brief te kry maar siende dat die enigste kritiek wat ek gekry het een van formaat was sal ek dit met die grootste plesier antwoord.
In die eerste plek wil ek jou daarop wys dat die stuk nie so lank was nie en dat ek baie werk op die Net doen wat baie langer is. Ek ontvang ook e-pos wat baie langer is.
In die tweede plek druk ek selde `n kopii van my e-pos of Web blaaie. Dit wat van belang is berg (save) ek in my rekenaar.
Ek hoop dat jy kritiek in net so `n goeie gees ontvang want ek het sekere kritiek op jou e-pos. Volgens jou boodskap het jy nie jou probleem om web blaaie direk op jou skerm te lees gekommunikeer nie. Daar is gewoonlik vier redes waarom mense nie van hulle skerms lees nie.
1. Blinde persone het hulpmiddels nodig om boodskappe op die net te kan lees. Volgens jou brief val jy nie in hierdie groep nie. 2. Party mense hou daarvan om iets van papier te lees omdat hulle gewoond is om dit so te doen. Vir hierdie mense kan ek net sj raak gewoond aan jou skerm want dit is die toekoms. Al die klassieke letterkundige werke is alreeds op die Net en kan kosteloos afgetrek word. 3. Sekere mense kla dat hulle ok branderig word van die skerm. Vir hierdie persone kan ek net sj dat die probleem eerder die afstand van jou skerm is as die skerm self. Meet die afstand wat jy normaalweg van jou skerm sit en gaan sien jou oogkundige dat jou ok op hierdie afstand getoets kan word. Baie mense gebruik `n spesiale bril om rekenaar werk mee te doen. 4. Mense hou ook nie daarvan om te lees terwyl hulle telefoon rekening oploop nie. Hiedie mense kan die inligting op die net in hulle rekenaar berg en dit dan later lees wanneer die telefoon skakel gebreek is.
Ek sien jy het ook geskryf dat jy bly is om te sien dat daar al hoe meer Afrikaans op die Net gebruik word. Hier is `n paar plekke waar jy nog meer afrikaans sal sien indien jy dit nie reeds het nie.
Danie Viljoen http://users.iafrica.com/d/da/danievil/
Samuel Murray www.geocities.com/wellesley/5897/le06.html
Die Knoop http://www.Dieknoop.co.za
Ek is jammer as die brief weer te lank is maar ek probeer net kommunikeer.
Skryf gerus terug.
Groete Bazett Meyer
-- Bazett Meyer (baz@mbury.new.co.za), May 13, 2000.
Hallo Bazett! Het net gou ingeloer en was baie verras dat jy so gou reageer het. Sal jy omgee as ek aan jou direk skryf? Ek sal graag met jou oor die INHOUD van jou bydrag oor Afrikaans wil diskuteer. Indien jy belangstel. Groete Linda
-- Linda Felkel (profilesbiz@t-online.de), May 13, 2000.
Hallo BazettEk het sommer 'n hele paar dinge wat ek wil kwytraak, maar laat ek begin deur te sj dat hierdie nie 'n poging tot pretensieuse, adademiese retoriek is nie ('n mens kry genoeg daarvan by Litnet!). OK?
Ek's baie beindruk met jou standpunt en veral die gebalansseerde manier waarop jy jou saak stel. Ek stem saam met baie van die punte wat jy aanraak, maar verskil ook van jou ten opsigte van 'n paar kwessies.
1. Afrikaans mag wel 'n minderheidstaal wees, maar in my ondervinding word Afrikaans as tweede taal deur meer plattelandse swartes verstaan en gepraat as Engels. Miskien is dit nog 'n "legacy" van die Apartheidsregime (brrrr, gril ek nou vir daardie gehate term): Die meeste swartmense is, teen wil en dank, Afrikaans magtig. Om dus te sj dat Afrikaans so 'n minderheidstaal is, is onrealisties en onregverdig.
2. Wat Mbeki se dilemma betref....dit kan my nie skeel nie. Hy is immers ons president en saam met die salaris / motors / huise / prestige, kom die verantwoordelikhede en probleme. Soos ek onlangs vir 'n vriend gesj het: ek het nie 'n probleem met die wirk wat die ANC oor die afgelope 6 jaar verrig het nie - Suid-Afrika sou tien teen een dieselfde geboortepyne gevoel het, ongeag van die regerende party. Waarmee ek wil 'n probleem het, is die ANC se houding en benadering teenoor die Afrikaner en die hele taalkwessie. Ek kry deurentyd die gevoel dat Mbeki as spreekbuis optree en dat die ANC besig is met "window dressing". Hulle kan parelementjre sittings hou en praat tot die pjrre horings kry en dit sal niks help nie! En lek blikke maak die meeste geraas, ni!
3. Afrikaans het baie terugslae en dikwels openlike vyandigheid beleef en oorleef, ja. Ek dink bv. aan die doerentydse verengelsingsbeleid aan die Kaap. Maar tog is ek besorg oor Afrikaans se gesondheid. Ek dink die grootste probleem waarmee ons nou te doen het, is die feit dat Afrikaners (of dalk moet ek eerder praat van Afrikaanssprekendes - ek sien sommer hoe party mense hulle neuse optrek, lol) skaam geword het vir hulle taal en kultuur. En vanuit 'n persoonlike oogpunt, is dit die lelikste letsel wat Apartheid op ons sagte wit velletjies gelaat het. Ek is so derdagensat daarvan om te moet hoor hoe twee Afrikaanse mense die Engelse taal verkrag (in winkelsentrums, restuarante en biblioteke) om tog asseblief tog net nie vir 'n Afrikaner gesien te word nie. Soos Breytenbach dit onlangs te heerlik gestel het: "As jy vir die meeste Afrikaners 'boe!' skree, veral vir die Joepies, skrik hulle hulself asvaal en bruinbroek en sj gou: 'Don't shout at me. I is English.'" In elk geval, my punt is dat Afrikaanssprekendes nooit voorheen wou wegskram van hul taal nie. Ek sou graag 'n laer wou trek om my pragtige Afrikaans om haar net vir 'n rukkie teen die storm te beskut, maar ek sien al hoe meer waens wat die wapad vat.
In elk geval, genoeg vir eers. Baie dankie vir die deurdagte inset en ek hoop ek het nog baie om na uit te sien op hierdie snoesige werf.
Goed gaan, Lisa
-- Lisa Rossouw (lisarossouw@webmail.co.za), August 29, 2000.