Hoe ernstig is die Afrikaanssprekendes om Afrikaans met ons te deel?

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Die grootste struikelblok by die aanleer van Afrikaans wat vir ons vreemdelinge in die pad le,is die onwilligheid van Afrikaanssprekendes om Afrikaans te praat met vreemdelinge. Ek het soveel keer Afrikaanssprekendes teegekom wat summier na engels oorgeslaan het sodra hulle 'n aksent in my Afrikaans opmerk. Dis sulke lawwe houding van die Afrikaanssprekendes wat ons ontmoedig om Afrikaans te gebruik.

-- Takkies katagiri (kataistk@din.or.jp), August 16, 1999

Answers

Hallo Takkies, Ek voel besonder gevlei om aan iemand in Japan 'n E-pos stuk in Afrikaans te stuur.

Ja Takkies ek stem saam met jou dat Afrikaanssprekendes te maklik oorskakel na Engels wanneer 'n vreemde aksent bespeur word. Die probleem in ons land is dat omtrent al die Afrikaanssprekendes Engels magtig is terwyl baie van die Engelssprekendes slegs Engels kan praat. Ons het dus in 'n mate 'n kultuur ontwikkel dat ons in die taal praat waar die maklikste gekommunikeer word. Hierdie taal is dan gewoonlik Engels.

Dat hierdie 'n baie swak eienskap is, is verseker. Ek self het op 'n keer baie skaam gekry toe 'n dame wat duidelik Engelssprekend was met my in Afrikaans gepraat het en ek haar in Engels geantwoord het. Haar vraag aan my was "is my Afrikaans regtig so sleg"? Jy kan seker wees dat ek nooit weer met haar in Engels gepraat het nie.

Jou vraag is billik en die antwoord is moeilik want vir die een dame wat aanstoot geneem het was daar honderde wat verwag het dat die gesprek in Engels sal plaasvind.

Al raad wat ek jou kan gee is om aan die Afrikaanssprekende te verduidelik dat jy besig is om jou Afrikaans te verbeter en graag met die persoon Afrikaans wil praat. In meeste gevalle sal hulle dan Afrikaans met jou praat. Jy moet egter onthou dat omdat 'n persoon van Suid Afrika af kom hy nie noodwendig goeie Afrikaans kan praat nie, selfs al is sy van 'n suiwer Afrikaanse van.

Indien jy in jou studie van Afrikaans iets van ons kultuur geleer het sal jy begryp dat daar baie spanninge was tussen Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes en dat alhoewel die Afrikaanssprekendes elke keer die oorlog verloor het, het hulle elke keer die vrede gewen.

Miskien is daar ander persone wat jou beter op jou vraag kan antwoord maar ek kan net dink dat die oorsaak eerder in ons kultuur te vinde is.

Dit bly vir my nog steeds verbasend dat jy wel Afrikaans verstaan en sal graag wil weet waarom jy die taal aangeleer het.

Baie groete. Bazett Meyer baz@mbury.new.co.za

-- Bazett Meyer (baz@mbury.new.co.za), August 16, 1999.


Ek moet ongelukkig met Takkies Katagiri saamstem, want ek het self dieselfde probleem beleef as ek in SA is en afrikaans wil gebruik. Ek is nie afrikaanssprekender nie maar studeer baie hard om my taalgebruik te verbeter. Ek besoek SA minstens een keer vir jaar en het daaraan gewoond geraak dat ek altyd in engels geantwoord word toe ek byvoorbeeld 'n winkel binnestap en iets te koop vra, my aksent is onmisbaar italiaans maar ek sou verseker baie bly gewees het as ek iemand my taal hoor praat, inteendeel sou ek met hulle my eie taal gebruik om sodoende hulle reg te help. Ek neem aan suid afrikaners onderskat hoe belangrik en mooi hulle oorspronklike taal is en daarom probeer hulle om sommer engels te gebruik. Ek reken 'n nasie moet sy voorkoms behou en daarvoor veg en daarop trots raak.

-- Maurizio De Cinti (madecint@tin.it), October 25, 1999.

"Die probleem in ons land is dat omtrent al die Afrikaanssprekendes Engels magtig is terwyl baie van die Engelssprekendes slegs Engels kan praat.

Rerig? Ek het dit anders om gevind. Ek het in Pretoria gewoon, miskien is dit hoekom dit vir my so was.... Ek is Engels en ek moes altyd na Afrikaans toe oorslaan, nie anders om nie.

~ Petal

-- Petal (petzdelight@yahoo.com), July 27, 2001.


Ja dit was dalk jou ondervinding maar Pretoria (Snor-city) is nie verteenwoordigend van Afrikaners nie en as jy Engels is en Afrikaans magtig is, is jy duidelik ook nie verteenwoordigend van SA se Engelse gemeenskap nie.

-- Herz (Herz@rerival.net), July 02, 2002.

Ek is half Afrikaans gebore, maar omdat my ouers geskei is, en ek bly by my ma, is my Engelse aksent baaie meer beter as my Afrikaans s'n. Ek het gevind dat baaie keer as ek Afrikaans praat vir Afrikaners wat in Engels magtig is, dan verantwoord hulle vir my in Engels. Maar as ek vir hulle verduidelik dat ek is half Afrikaans en wil my Afrikaans vebeter, dan is hulle graag om my te help. Jammerlik, party Afrikaners wil net Engels praat- asof hulle skaam is om Afrikaans te wees. Ek probeer my aksent en woordeskat verbeter want ek is trots op Afrikaans voorvaders en ook omdat dit n' anker aan Afrika is. Dis te maklik om deel van die "globalieste-Engels" te word en daarna oorsees te gaan en jou ware Suid-Afrikaans indentiteit te verloor.

-- David Edward Franklin (202310558@upe.ac.za), October 13, 2004.


Moderation questions? read the FAQ